Iran: Drie Azeri-Christene gearresteer

Drie Christen-toeriste van Azerbeidjan wat hul Christenvriende in Teheran besoek het, is deur Iranse intelligensiepolisie by 'n woonhuis gearresteer, wat glo 'n huiskerk is. Hulle is dadelik na 'n onbekende plek oorgeplaas. Hulle is geïdentifiseer as Bahram Nasibov, 37 jaar oud en getroud; Yusif Farhadov, 52 en getroud; en Eldar Gurbanov, 48 en getroud. Die 45-jarige Naser Navard Gol-Tapeh, 'n Iraanse Christenbekeerling met 'n Islamitiese agtergrond, is ook in hegtenis geneem. Hy word apart van die res aangehou en daar is geen woord oor waar hy hom bevind nie. Die drie Azeriërs se vrouens kon hulle sedert hul inhegtenisneming nog nie kontak nie. Een van die mans is toegelaat om twee baie kort oproepe te maak, waartydens hy gesê het: 'Al drie van ons is in goeie gesondheid en word op een plek bymekaar gehou.'

  • Pray: for the Azerbaijan embassy to gain their release, and for God to bless the Iranians with justice. (Job 9:19)