Print this page

Zimbabwe

Na jare van verlammende hiperinflasie en werkloosheid is Zimbabwe op die rand van algehele ineenstorting en openlike revolusie. 'n Plaaslike pastoor het video's op sosiale media geplaas onder die hutsmerk #thisflag. en is vinnig in hegtenis geneem ná 'n suksesvolle wegbly (werkers het in vreedsame protes tuis gebly). Op die dag van sy verhoor het duisende kerkleiers, regsgeleerdes en kampvegters van vryheid op die landdroshof toegesak waar hy daarvan beskuldig gestaan het dat hy geweld aangemoedig het. Sy video's het egter gevra vir vreedsame nie-gewelddadige protes en gebed vir die nasie, en leiers gesmeek om korrupsie, onreg en polisiebrutaliteit uit te roei. Die aanklaer het toe 'n veranderde klag van hoogverraad (strafbaar met die dood) ingedien. In die aangesig van skilddraende, knuppels-swaaiende onlustepolisie het die betogers buite die hof neergekniel, vlae en Bybels gelig en vir geregtigheid en vryheid gebid. Wonder bo wonder het geregtigheid geseëvier en die landdros het die saak weens 'n tegniese punt uitgegooi. Hy is vrygelaat. Die stryd vir 'n vry en welvarende Zimbabwe het begin.

  • Pray: for the Church to lead the way to peace and prosperity, for an end to decades of poverty, injustice and corruption and for continued unity among churches as the government tries to intimidate (2Ti.1:7)