Print this page

Israel: Hamas open somer-terreur-opleidingskampe

Terwyl die meeste kinders wat somerkampe bywoon gesonde buitemuurse aktiwiteite leer, het verlede Saterdag 30 000 jeugdiges in Gasa begin om terreuropleidingskampe by te woon wat deur Hamas se militêre vleuel (Ezzedeen Al Qassam Brigades) georganiseer is. Hamas bestuur hierdie kampe sedert 2007. Die ervaring het ten doel om Hamas se ideologie te bevorder en hulle aan te moedig om aan werklike militêre operasies deel te neem. Die Islamitiese Jihad bied 'n soortgelyke ervaring. Vanjaar se kampe word 'Talae Al Tahrir' (Vanguards of Liberation) genoem. Foto's wat van die eerste dag van die kamp deur Hamas vrygestel is, wys jongmense wat militêre opleiding ondergaan. 'Ons berei die Palestynse geslagte voor sodat hulle ten volle voorbereid sal wees om Palestynse grond en die Palestynse mense te verdedig,' lui 'n verklaring van Hamas. Hierdie jaarlikse somergeleenthede sluit in opleiding in wapens en plofstof, onderrig in die tegnieke agter ontvoerings en terreuraanvalle en terreur-indoktrinasie. Die uiteindelike doel van hierdie kampe is opleiding, indoktrinasie en vir die jeug om as 'n hulpmag op te tree in enige toekomstige konfrontasie met Israel.