Oekraïne: historiese nasionale dag van gebed

Vir die eerste keer in die Oekraïne se geskiedenis het al die kerke van die land saamgekom vir 'n Nasionale Dag van Gebed vir hul nasie in Kiëf. Dit is deur duisende bygewoon en 'regstreeks' deur drie nasionale TV-kanale uitgesaai. 'n Veral entoesiastiese verwelkoming is gegee aan Oos-Oekraïnse kerkleiers en die leier van die Oekraïne se Messiaanse Joodse Gemeenskap. Dit was ver van die mediabeelde van politici wat in die parlement veg, Russiese tenks, korrupsie, ekonomiese stagnasie en 'n burgerlike vliegtuig wat afgeskiet word. Oekraïne se geskiedenis, kultuur en taal is nader aan Rusland as enige ander land. Die Russies-Ortodokse Kerk kom van wat nou Oekraïne is. Duisende Oekraïners het vir Rusland en president Poetin gebid! Vir Rusland is die Oekraïne in die bloed. Vir die Oekraïne is Rusland in die bloed. Selfs mnr. Poetin se voornaam, Vladimir, is Oekraïens van oorsprong.