Print this page

Bangladesj: 2 000 Christene bid

Christene en Hindoes maak 10% van Bangladesj se bevolking van hoofsaaklik Soennitiese Moslems uit. Maandag het 2 000 Bangladesjse Christene van verskillende denominasies gebid dat 'die mensdom moet wakker word' vir die groeiende bedreiging van Islamitiese terrorisme in die land. Hulle het gebid vir 'n land van eenheid, vrede en harmonie, vir 'n sluimerende mensdom om bewus te word van die vervolging, geweld en moorde wat in die geheim gepleeg word. Hulle het God gevra om die terroriste te seën sodat hulle van plan verander. Die gebede is gelei deur Katolieke en Protestantse geestelikes. 'Ons leef in vrees, want gewone mense word daagliks slagoffers van Islamitiese militante. Om hierdie rede doen ons 'n beroep op Christenleiers om 'n beroep op die mensdom te doen om wakker te word', het Vader Kamal Corraya gesê. "Daar is geen plek vir geweld in die leringe van Jesus Christus nie," het die moderator van die Protestantse Kerk van Bangladesj gesê.