Print this page

VSA: Senatore teiken wapenwette

Vier Demokratiese senatore vra vir meer wapenbeheerwetgewing nadat 'n Amerikaans gebore man met 'n aanvalsgeweer 'n gay nagklub in Orlando binnegegaan het en 49 dood en 53 gewond het. vermeende terroriste se van vuurwapens en plofstof kan koop. Verlede Desember het Demokrate probeer om dieselfde wetgewing deur te voer, maar dit het misluk. Hierdie druk kom nadat president Barack Obama gesê het swak wette het dit moontlik gemaak vir versteurde en gevaarlike persone om gewere te kry. Intussen het die VSA 'n beroep op die VN gedoen om lesbiese, gay, biseksuele en transgender mense te beskerm. "As ons verenig is in ons verontwaardiging deur die doodmaak van so baie, laat ons ewe verenig rondom die basiese uitgangspunt van die handhawing van die universele waardigheid van alle persone, ongeag vir wie hulle lief is." Sien: