Christene in Kano, noordelike Nigerië, het wydverspreide geweld verwag ná die moord op 'n Christenvrou verlede week, maar Sondagdienste het vreedsaam verloop. Bridget Patience Agbahime (74), oorspronklik van die suidelike deelstaat Imo, is deur 'n skare in 'n lokval oorval omdat sy na bewering teen Islam se profeet gelaster het. Haar man, die pastoor van Deeper Life Bible Church, was saam met haar, maar vinnige polisie-ingryping het sy lewe gered. Mev Agbahime was 'n stil vrou wat handel dryf in plastiekware, bekend daarvoor dat sy ander respekteer; dit is te betwyfel of sy enige verklaring van godslastering kon gemaak het. Die moord het wydverspreide sosiale media-verontwaardiging ontlok, met oproepe dat die oortreders voor die hof gebring moet word. Een Christelike groep het gesê: 'Ons godsdiensleiers moet uitkom en die ware beginsels van godsdiens verkondig, want hierdie gewelddadige arrogansie word te veel.' Christene vrees meer aktivisme van radikale Moslems tydens Ramadan, tradisioneel 'n tyd van terreur en selfmoordbomaanvalle.