Verlede week het ons God gevra om die regeringsmagte en hul bondgenote in hul gevegte te rig om Fallujah te herower sodat gesinne beskerm word, en om 'veilige gange' oop te hou vir vlugtende mense. Hierdie week het Irakse magte hul aanval teen IS in Fallujah verskerp, en spesiale magte het 'n 'tweede fase' betree in hul stryd om sentrale stadsgebiede te herower. Die week oue operasie het voorheen daarop gefokus om dorpe en landelike gebiede terug te neem. In hierdie tweede fase van gevegte is 50 000 mense steeds vasgevang in die stad, waar Amerikaanse magte in 2004 hul moeilikste gevegte sedert die Viëtnam-oorlog geveg het. Slegs 'n paar mense het daarin geslaag om deur die 'veilige gange' te ontsnap, wat nou blykbaar gesluit is. ’n Inwoner van Fallujah het telefonies aan Al-Jazeera gesê daar is ’n gebrek aan brandstof en medisyne, geen rys of suiker nie, en net ’n paar groente.