Print this page

Australië: gebed vir 2 Julie verkiesings

Met die uitroep van federale verkiesings op 2 Julie, sal daar 'n seisoen van gebed tot op daardie datum wees. Die Australian Prayer Network sal weeklikse gebedspunte verskaf vanaf die webadres hieronder. Die volgende punte is uit daardie lys: i) Roep uit tot God dat Sy geregtigheid, regverdige natuur en heerskappy in Australië gevestig sal word deur die regering, soos hulle in die hemel is. ii) Laat Australiërs in die lig van Sy volmaakte geregtigheid sonde en mislukkings erken en in bekering en nederigheid uitroep dat Sy genade aan die nasie uitgebrei sal word deur die uitslag van hierdie verkiesing. iii) Nader Sy troon van genade met vertroue, bid dat die nasie barmhartigheid en genade sal ontvang in ons tyd van nood, en die Kerk in Australië sal wees soos Ester wat guns en goedkeuring by ons Koning vind sodat Hy ons gebede sal hoor en beantwoord. . iv) Bid dat God Sy Kerk die gebede van Jesus sal gee sodat ons in geregtigheid, eenheid en volwassenheid bid.

  • Pray: for God's righteousness for Australia to come from the federal elections, that Australia would be known as a nation of righteousness and integrity. (Pr.14:34)