Print this page

Brasilië: ramp of geleentheid?

Skares het die afgelope maande die strate van Brasilië ingevaar. Keelvol vir korrupsie en die realiteite van 'n dalende ekonomie, het baie gevra vir president Rousseff se verwydering. Hierdie week is haar presidentskap amptelik opgeskort. Die land staan te midde van 'n politieke krisis en erge ekonomiese resessie, maar die kwessies is veel dieper. Brasilië is die tweede hoogste verbruiker van onwettige dwelms wêreldwyd, en het die hoogste koers van vuurwapenmoorde. Daar is sewe miljoen kinderarbeiders en 600 000 meisies in prostitusie. Brasilië het egter ook een van die grootste evangeliese bevolkings ter wêreld, met groot en groeiende bewegings van gebed en sending. Die toenemende politieke en ekonomiese krisis staan in kontras met die realiteit van die groeiende en invloedryke Brasiliaanse Kerk.

  • Pray: for the Church to arise at this pivotal time, bringing unity, healing, and the message of the hope of Jesus in a time of turmoil and confusion. (Is.60:1)