In 'n Punjab-dorpie is die 28-jarige Imran Masih daarvan beskuldig dat hy 'n 'godslasterlike' videogreep op sy selfoon gehou het. Hy is 'n ongeletterde man met geen kennis van die internet nie. Plaaslike Islamiete het 'n fatwa (Islamitiese doodsbevel) teen Masih uitgereik en het aan die 300 dorpenaars gesê dat hulle óf Masih moet produseer, die gebied moet verlaat, hulle tot Islam moet bekeer, óf vermoor moet word. Die polisie het ’n poging om al hul huise af te brand gedwarsboom. Elders in Pakistan is Maryam Mushtaq, 'n 24-jarige Christenvrou, deur Moslems ontvoer en gedwing om tot Islam te bekeer en met een van haar ontvoerders te trou. Maryam se ma (wat haar man in 2013 aan kanker verloor het) het haar dogter se ontvoering by die polisie aangemeld, maar niks is nog gedoen nie. ’n Verhoor sal oor Maryam se saak gehou word, maar geregtigheid is onseker: onregverdige behandeling van Christene deur Pakistanse amptenare kom gereeld voor. Sien ook: