Print this page

Droogtes en hittegolwe

Watervlakke in Viëtnam se Mekong-delta, 'n streek wat verantwoordelik is vir 50% van die land se rys- en vrugteproduksie, 90% van sy rysuitvoere en 60% van garnale en visuitvoere, is op die laagste vlakke sedert 1926. Dit beïnvloed die lewens van die Viëtnamese boere en dit raak mense in Indonesië en die Filippyne, die grootste kopers van Viëtnamese landbougoedere. Hulle sal ook honger ly as die Thais en Viëtnamese nie genoeg rys produseer nie. In Indië word meer as 150 sterftes op die hitte geblameer. Maharashtra beleef die ergste droogtetyd in vier dekades, wat oeste vernietig, veevrektes veroorsaak en reservoirs opdroog. In Maleisië het honderde skole gesluit en boere verloor hul groente. In Thailand word 'n rekordlae rysopbrengs voorspel. Ongelukkig sal die hitte in die komende weke toeneem en die dodetal sal na verwagting styg. Sien: http://www.scmp.com/news/asia/southeast-asia/article/1939522/vietnam-being-crippled-its-worst-drought-nearly-century