Egipte: Koptiese tiener ontvoer vir losprys

Vroeër hierdie maand is die 13-jarige Anthonius Farag, 'n jong Christen-seun, in Bo-Egipte ontvoer. Hy is twaalf dae later vrygelaat ná 'n stewige losprysbetaling. Dit is nie 'n geïsoleerde geval nie. Volgens die Coalition of Coptic Egypt (CCE), 'n Koptiese voorspraakgroep, het die provinsie Qena alleen nie minder nie as 72 gevalle van ontvoerings, afpersing en verwante geweld teen Kopte van 2011 tot 2014 gesien, die mees onlangse syfers beskikbaar. Diegene wat vir ontvoering geteiken is, het gewissel van kinders tot bejaardes, met reddingspogings wat dikwels deur die polisie se ontoereikendheid of onwilligheid belemmer is. "Kopte pleit al jare lank om hulp teen ontvoerings, maar dit lyk asof niemand omgee nie," het 'n plaaslike CCE-koördineerder gesê. 'Sedert die rewolusie in 2011 het ontvoerings meer algemeen geword in Bo-Egipte, waar relatief meer Christene woon. Gesinne betaal van EGP 250 000 tot sewe miljoen om hul geliefdes te bevry.'