Die Attawapiskat Eerste Nasie van 2 000 mense wat in Ontario woon, het Saterdag 'n noodtoestand afgekondig nadat elf van sy lede vandeesmaand probeer het om hul eie lewe te neem en agt-en-twintig het dit in Maart probeer doen, volgens dokumente wat deur 'n plaaslike politikus verskaf is. Die verklaring is onderteken deur hoofman Bruce Shisheesh van die afgeleë noordelike gemeenskap. Die LP vir die gebied het gesê: 'Dit is 'n sistemiese krisis. Daar was tot nou toe nie 'n ernstige reaksie van enige regeringsvlak nie.' Kanada se 1,4 miljoen inboorlinge, wat 4% van die bevolking uitmaak, het hoër vlakke van armoede en 'n laer lewensverwagting as ander Kanadese, en is meer dikwels slagoffers van geweldsmisdaad, verslawing en opsluiting. Die Eerste Nasie-regering stuur 'n krisisreaksie-eenheid met twee geestesgesondheidsberaders na die gemeenskap ná Saterdag se verklaring. Bid dat God hulle antwoorde sal rig en hulle guns sal gee en dat God se wil geskied.