Print this page

Wêreld jeug gebedsbyeenkoms

Die Internasionale Gebedsraad doen 'n beroep op 'n wêreldwye Gebedsopstand vanaf 26 tot 30 Julie 2016 - 'n verenigde gebed wat in Seoul, Suid-Korea opkom. Hulle sê: 'Met die wêreldwye krisis wat hierdie generasie in die gesig staar en die aanvalle op hulle, glo ons dat dit tyd is om die jeug van regoor die nasies bymekaar te maak vir 'n gebedsbyeenkoms om teen aanvalle op hierdie geslag te staan. Die jeug is hierdie geslag se Dawids, en hulle sal vas en bid en die Goliate van hierdie wêreld in die gesig staar. Hulle sal staan vir Suid- en Noord-Koreaanse eenheid terwyl hulle by die grens van hierdie twee nasies intree, en glo dat dit nou die tyd is om vir hulle eenwording te bid. Hulle sal vas en bid terwyl hulle intree vir verandering in die streke en die nasies.'

UPRISING sal 'n opkomende generasie, tienduisende uit elke nasie, oproep en betrek om hulle uit te daag en te bemagtig om hul bestemming as katalisators vir Christus se Koninkryk te vervul. Dit sal 'n springplank wees vir nuwe jeugbewegings, nuwe jeugbedieninge en nuwe gebeds- en sendingbewegings. Dit kan moontlik ook geboorte gee aan 'n nuwe, globale Jesus-beweging, wat sy begin vind by die OPSTAND. Bid dat God die jeug van vandag sal mobiliseer in verenigde gebed vir die genesing van die nasies. Om 'n kort video van biskop Peter se uitnodiging na hierdie geleentheid te kyk , gaan na:

  • Pray: for UPRISING 2016 to inspire thousands with a passion of fire that will move this generation into changing their nations and their cities through prayer and whatever God tells them to do. (Ps.75:1, 9)