Print this page

Kuba: pastoor aangehou voor Obama se besoek

Ds Mario Felix Lleonart Barroso, 'n prominente pastoor en godsdiensvryheidsaktivis, is Sondag net ure voor president Barack Obama se amptelike staatsbesoek aan Kuba gearresteer. Ds Mario se vrou en hul twee jong dogters is onder huisarres geplaas, en hul telefoonverbinding is verbreek. Voor dit kon sy vrou met Christian Solidarity Worldwide (CSW) praat. Sy familie en kerk is nie toegelaat om regstreeks met Barroso te praat nie, maar sy is meegedeel dat haar man na Santa Clara geneem is en kos of drank geweier word. Sy het bygevoeg dat die pastoor reeds die naweek siek was, nadat 'n vreemdeling hom verlede week met 'n speld geprik het terwyl hy op openbare vervoer was. Sowel as Pastoor Barroso, is tientalle menseregte-aktiviste verbonde aan die Dames in Wit ook gearresteer en aangehou op pad om die oggendmis in Havana by te woon. ABC het berig dat 304 aktiviste in hegtenis geneem is. Sien