Print this page

Jemen: aanval op Katolieke versorgingsoord

Jemen se burgeroorlog het die land in twee verdeel, met voortdurende oorlogvoering en humanitêre behoeftes. Sjiïtiese rebelle beheer die noorde. Die suide word beheer deur 'n regering wat deur Saoedi-Arabië gesteun word. Daar is 'n mag- en sekuriteitsvakuum: wetteloosheid en ekstremistiese groepe soos Al-Kaïda seëvier. Christene het ons gebede nodig. Verlede Vrydag is 'n versorgingshuis in Aden vir tagtig bejaardes en gestremdes, wat deur die Sisters of the Missionaries of Charity bestuur word en deur Moeder Teresa gestig is, aangeval. Minstens sestien is dood. Die dooies sluit in vier sendelingsusters (twee van Rwanda, een van Indië en een van Kenia) en verskeie van hul helpers (insluitend minstens vyf van Ethiopië). Geen lede van die gemeenskap wat hulle bedien het, is beseer nie. Daar is kommer oor die veiligheid van 'n Indiese priester, wie se verblyfplek onbekend is. Bid dat families, vriende en kollegas van die vermoordes die troos van Jesus sal ken.