Print this page

Rusland: wêreldberaad ter verdediging van vervolgde Christene

Die Billy Graham Evangelistiese Vereniging en die Russies-Ortodokse Kerk beplan 'n Oktober-beraad in Moskou oor godsdiensvervolging. Die beraad sal 'n wêreldwye lig op vervolgde Christene laat skyn en die aandag op hierdie krisis vestig. Afgevaardigdes van regoor die wêreld sal hande kan vat met mense van ander kerke en denominasies om vir hulle broers en susters in Christus te bid. Hulle sal eerstehandse verslae hoor van die lyding wat plaasvind. Vroeër hierdie week is ook 'n nuwe verslag van 280 bladsye wat die vervolging van Christene deur IS beskryf, by die Amerikaanse staatsdepartement ingedien, wat bewys dat daar genoeg onweerlegbare bewyse is vir die agentskap om IS-gruweldade teen Christene as 'volksmoord' aan te wys.