Print this page

Iran: 450 nuwe gelowiges gedoop

Meer as 240 Iraniërs is onlangs in twee groot feesvieringe in die Iran-streek gedoop. Volgens Elam Ministries is 'n verdere sestien in 'n kleiner diens gedoop, en nog sowat 200 sal by 'n vierde viering gedoop word. Hierdie doopdienste is vreugdevolle daglange byeenkomste, met sessies van aanbidding, prediking, gebed vir die nasie van Iran, Nagmaal en gedeelde maaltye. In 'n aparte storie het Elam Ministries aangekondig dat 30 000 eksemplare van die 'Aksiebybel' van die pers af gekom het. Hierdie weergawe van die Bybel vir kinders en jeug is in 2013 in Persies bekendgestel en was ongelooflik gewild. Nog 150 000 Nuwe Testamente is ook onlangs gedruk, gereed vir meer evangelisasie in die Iran-streek.