Nege Christenleiers is gearresteer nadat hulle 'n gebedswake by die Minister van Justisie se kantoor aangebied het. Hulle was deel van 'Love Makes A Way' en het betoog oor die deportasie van 267 mense na aanhoudingkampe in Nauru. Die meeste van die mense het asiel en mediese behandeling in Australië gesoek en 30 van hulle was babas wat in Australië vir vlugtelingmoeders gebore is. Maar Australië het hard gewerk om vlugtelinge af te skrik. "Niemand moet op Nauru, waar daar nie 'n funksionerende hospitaal is, aangehou word nie - dit sal besonder wreed wees om kinders uit klaskamers te ruk en hierdie 37 babas wat op Australiese grond gebore is weg te stuur," het Kate Leaney, woordvoerder van Love Makes a Way, gesê. Die Christenleiers het die kantoor beset om te bid en 'n beroep op Michael Keenan, minister van justisie, te doen sodat hy kan staan vir vryheid van onderdrukking vir mense wat asiel in Australië soek. 10 kerke het aangebied om die asielsoekers in te neem.