Print this page

Indië: Rassespanning eskaleer ná onlangse aanval

Die polisie staar kritiek in die gesig omdat hulle na bewering versuim het om Woensdag se skare-aanval op 'n Afrika-student in Bangalore te keer. ’n Jong Tanzaniese vrou is uit haar motor gehaal, gestroop, geslaan, kaal geparadeer en seksueel aangerand deur jong Indiese mans. Haar motor is aan die brand gesteek en 'n plaaslike polisieman het niks gedoen nie. 'n Kort rukkie voor hierdie verregaande aanval het 'n dronk Soedanese student 'n Indiese vrou in dieselfde straat omgery en vermoor. Ook hy is uit sy motor gehaal en geslaan; sy motor is aan die brand gesteek. Albei was verskriklike voorvalle in dieselfde straat net minute uitmekaar. Albei voorvalle het die vooroordele gevoed wat net onder die oppervlak van jong Indiese mannetjies borrel. Bid dat meer gedoen sal word om rassediskriminasie te voorkom en dat die gepeupelkultuur wat na vore kom, uitgeroei sal word.