Christene staar gruweldade in die gesig, nie net van die sogenaamde Islamitiese Staat nie, maar ook 45 ander verskillende terreurgroepe in Sirië; sommige word met Al-Kaïda verbind. Sedert 2011 was dit duidelik dat terreurgroepe wou oorneem en 'n 'Islamitiese staat' wou skep. Hulle optrede raak Moslems en die infrastruktuur van die samelewing sowel as Christene, maar Christene word die ergste geraak. Kerke was nie bereid om vervolging of onderdrukking te hanteer nie en het nie geweet hoe om te reageer nie, maar hulle haal vinnig in. Minstens vyf kerknetwerke in Sirië is baie betrokke by humanitêre hulp aan beide Christene en nie-Christene in hul gebiede. Omgee vir mense van ander gelowe was nie voorheen 'n prioriteit nie, maar nou gaan sosiale aksie en evangelisasie hand aan hand. Die meeste kerke reik nou uit met hulp en opvoedingsdienste vir die ontheemdes, die armes en diegene wat deur oorlog geraak word. Sosiale optrede word 'n prioriteit.