Print this page

Sirië: vredesonderhandelinge of militêre oplossing?

Die VN se spesiale gesant oor Sirië, Staffan de Mistura, hoop om vandag vredesamesprekings in Genève tussen die regering en opposisiegroepe te begin. Die partye sal nie direk met mekaar praat nie, maar onderhandelaars sal tussen hulle beweeg. Prioriteite is om 'n algemene skietstilstand te sluit, die IS-bedreiging te stop en die weg vir humanitêre hulp oop te maak. Maandag, die dag waarop die samesprekings oorspronklik geskeduleer was om te begin, het mnr de Mistura gesê: 'Ons wil verseker dat wanneer en as ons begin, dit op die regte voet sal wees. Dit sal opdraand wees.' Turkye se minister van buitelandse sake het gesê dat enige deelname van Koerdiese magte aan hierdie vredesonderhandelinge gevaarlik sou wees en die einde van die VN-geleide inisiatief beteken. Intussen het die Amerikaanse visepresident Joe Biden gesê dat die Verenigde State en Turkye voorbereid is op 'n militêre oplossing teen IS in Sirië as die Siriese regering en rebelle nie 'n politieke skikking bereik nie. Sien