Print this page

Iran: kernverdrag = vryheid van beweging = Christelike geleenthede

President Rouhani sê die amptelike implementering van die kernkragooreenkoms tussen Teheran en ses wêreldmoondhede sal Teheran se betrokkenheid by die wêreld verhoog. Maatskappye sal weer geskoolde werkers en universiteitsdosente die land kan stuur, wat die deur oopmaak vir Christelike 'tentmakers' om amptelik die land binne te kom. Jongmense is die grootste bevolkingsblok in Iran (meer as 60%) en is van die mees polities aktiewe in die Islamitiese wêreld. Iran is ook een van die mees tegnologie-vaardige samelewings met 'n geskatte dertig miljoen internetgebruikers, gelei deur die jeug, en spog met tussen 60 000 en 110 000 aktiewe blogs (een van die hoogste getalle in die Midde-Ooste). Bid dat visums weer aan Christen-onderwysers en -tegnici uitgereik sal word en dat 'besighede' wettiglik na Iran sal intrek. Bid beskerming vir Iraniërs wat tans by die ondergrondse Kerk betrokke is.