Print this page

Pakistan: leraars- en gebedsleiersbyeenkoms

'n Pastoor en gebedsvegter in Pakistan skryf: 'Ons het tien dae gelede die gebedsketting vir ons konferensie begin, en sal dit Saterdag afsluit met 'n vasdag. Danksy die Here verwag ons hierdie naweek meer as driehonderd leiers van regoor Pakistan. Ons begrotingsteiken is $15 000; deur Sy genade het ons tot dusver $10 000 bereik, en ek vertrou op die Here vir die res. Bid asseblief saam met ons vir hierdie naweek se konferensie. Ons het God se sekuriteit nodig vir die lokaal en beskerming van kerkpersele en verblyflokale. Ander gebedspunte is: sprekers en organiseerders; bestuur/administrasie; kos; finansiële voorsiening; en transformasie van ons visie.'