Wêreldwye weer

In Paraguay, Argentinië, Uruguay, Brasilië en Bolivia is meer as 160 000 mense oor die laaste paar dae van Desember verdryf deur die swaarste vloede wat Suid-Amerika in 50 jaar getref het. Die jaar 2015 was die warmste op rekord wêreldwyd. In die media is baie aandag gegee aan die talle vloede, droogtes, veldbrande en hittegolwe wat lande vanjaar geteister het. Min aandag word aan die Arktiese gebied gegee – waar aardverwarming die sterkste gevoel word. Temperature by die Noordpool het aan die einde van 2015 tot bo vriespunt gestyg; dit is meer as 30 grade hoër as die gemiddelde. Verlede maand het 150 wêreldleiers by die COP21-klimaatberaad vergader en hande geskud oor die Parys-ooreenkoms. Ons kan voortgaan om deur hierdie jaar te bid dat lande omvattende en doeltreffende middels vir klimaatsverandering sal implementeer. Sien ook artikel 1 in die Britse Eilande-afdeling, en gaan na http://arctic-news.blogspot.co.uk/