Bid vir oorloggeteisterde lande

Vyf jaar gelede was Aleppo 'n florerende, kosmopolitiese plek, maar almal het gely in Sirië se verskriklike oorlog. Die rykes het weggegaan, die middelklasse het arm geword en die armes is ellendig. Twee maande van Russiese lugaanvalle gepaardgaande met weermag grondoffensiewe gesteun deur Iranse en Libanese Hezbollah-magte het die Siriese president Bashar al-Assad in sy westelike hartland ondersteun. Die situasie is desperaat in Aleppo. Verlede maand het Pous Franciskus die Sentraal-Afrikaanse Republiek besoek om 'n nasie te troos wat moeg is vir 'n burgeroorlog wat niks anders as dood en vernietiging gebring het nie. Hy wou almal wat hulself ryker gemaak het uit die land se hulpbronne herinner aan hul plig om by hul land te staan en iets terug te betaal deur belegging in die infrastruktuur. Die lys van voortdurende konflikte regoor die nasies is enorm. Te veel om voor te bid? Nie as ons intree soos God lei, in Sy tydsberekening, volgens Sy woord in seisoen, gedurende 2016 nie.