Christene in sommige nasies het in die verlede intense vervolging ondervind gedurende die Kerstyd. Bid vir beskerming van Christene en kerke teen bomaanvalle, slae en tronkstraf. Oor die Kers- en Nuwejaarstydperk van 2014/15 het drie state in Nigerië bomaanvalle, onthoofdings en slae deur militante ervaar, wat daartoe gelei het dat dosyne Christene doodgemaak is. Op Kersdag verlede jaar in Iran is nege Christene in 'n klopjag op 'n huis gearresteer, en die volgende dag is 'n prominente Assiriese pastoor by sy huis gearresteer, saam met sowat veertien ander teenwoordig vir 'n Kersviering. Bid dat Christene in plekke soos Noord-Korea en Saoedi-Arabië sal weet dat God Sy mense daar sal versterk en hulle sal help om gemeenskap te vind.