Print this page

Burundi: geweld ontvlam en ontplof

87 mense is dood toe geweld verlede Vrydag by drie militêre terreine in Burundi uitgebreek het. Agt van die dooies was veiligheidsbeamptes, en 49 mense is gevange geneem. Inwoners wat nog 34 lyke in die straat gevind het, het die polisie daarvan beskuldig dat hulle wraak geneem het. Onrus het Burundi sedert April getref met voortgesette betogings nadat president Pierre Nkurunziza sy besluit aangekondig het om 'n derde ampstermyn te soek na 'n betwiste verkiesingsuitslag in Julie. Die Amerikaanse regering het Sondag sy burgers aangemoedig om Burundi onmiddellik te verlaat. Militêre waarnemers van die Afrika-unie is reeds ter plaatse besig om die situasie te beoordeel. Honderde is sedert April dood, meestal in Bujumbura. "Ons kan vandag in Burundi 'n duidelike manipulasie van etnisiteit deur beide die regering en die opposisie waarneem," het die VN se spesiale adviseur oor volksmoord verlede week aan die BBC gesê. Aktiviste het gaan wegkruip, uit vrees vir aanval. Sien: http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-35083823