Print this page

Viëtnam: Christelike prokureur deur polisie geslaan ná menseregtekonferensie

Christene maak 8% van Viëtnam se bevolking uit. Nguyen Van Dai, 'n Christelike prokureur, is Sondag geslaan nadat hy 'n menseregtekonferensie verlaat het wat probeer het om burgers op te voed oor hul regte van vryheid van godsdiens of geloof. Die polisie het versoek dat die konferensie gekanselleer word, maar dit het sonder voorval voortgegaan. Daarna het mnr Nguyen en sy vriende na die hoofstad van die Nghi Loc-distrik gereis waar hulle deur 20 polisielede in gewone klere ontmoet is, wat hul skouers en bobene met houtstokke geslaan het. Mnr. Nguyen is op 'n motorfiets getrek en na 'n ander provinsie gery waar die slae voortgegaan het. Daar is beslag gelê op sy dokumente, foon, kamera, beursie, baadjie en skoene, en hy is in die koue see gedruk. Hy kon uiteindelik 'n foon leen en hulp ontbied. Bid vir mnr Nguyen. Bid vir Viëtnamese - veral diegene met tradisies van Confucianisme, Taoïsme en Boeddhisme - om die evangelie van Christus te hoor.