Print this page

Mali: Christene kwesbaar na aanval

Gewapende mans wat Islamitiese slagspreuke skree, het vroeg verlede Vrydag die Radisson Blue Hotel, wat deur buitelanders gereeld besoek word, aangeval. Nadat Maliese kommando's die hotel bestorm het, is 'n groot aantal gyselaars bevry. Alhoewel daar vermoed word dat die aanval ontstaan het deur terreuraanvalle op Parys verlede week, is dit belangrik om in gedagte te hou dat die aanval plaasgevind het binne die konteks van onsekerheid wat sedert die 2013 Islamitiese rebellie voortduur. 'n Brose vredesooreenkoms wat in Junie 2015 bereik is, het tot dusver nie daarin geslaag om blywende stabiliteit te bewerkstellig nie. 'n Werker van Geopende Deure het gesê: 'Sommige van die Christene wat tydens die 2013-rebellie gedwing is om uit die Noorde te vlug, het dit gewaag, maar het dit baie moeilik gevind om die vernietiging van hul eiendomme en die voortdurende angs die hoof te bied. Soos hierdie aanval egter duidelik toon, gaan Christene in die Suide ook steeds onsekerheid in die gesig staar.'