Gedurende die eerste dertig dae van die nuwe Joodse jaar wat op 13 September begin het, was daar 778 terreuraanvalle in Israel. Veertien Joodse mense is in hierdie aanvalle vermoor, 167 is ernstig gewond, en twintig veg om hul lewens. Sedert die begin van Oktober is nog 22 gedood deur steekaanvalle, skietvoorvalle en voertuigaanvalle. Meer as 80% van die oortreders het van die Wesoewer gekom. Nóg Mahmoud Abbas nóg die Palestynse Owerheid (PA) het enige van hierdie honderde terreurdade teen onskuldige Joodse burgerlikes veroordeel. In plaas daarvan het hulle hulle aangemoedig met PA-geproduseerde video's soos 'Nothing is so Sweet as Martyrdom' wat Palestyne aanmoedig om Jode te vermoor (sien skakel hieronder). Hierdie week is nuwe maatreëls in die Wesoewer ingestel om Palestynse terreuraanvalle aan te pak. IDF-soldate het kontrolepunte rondom Hebron, Hawara en Nablus opgerig, en rondom dorpe aangrensend aan die Etzion-nedersettingsblok. Sien ook: http://www.israelnationalnews.com/News/News.aspx/202514#.VlSULHbhCM8 en Palestynse videoskakel: http://www.israelnationalnews.com/News/News.aspx/203522#.VlSR33bhCM9