VSA: voorstel om Joods-Christelike waardes te bevorder

Republikeinse presidentskandidaat John Kasich het gevra vir die stigting van 'n nuwe regeringsagentskap om Joods-Christelike waardes te bevorder en radikale Islam te verslaan. Kasich het gesê: 'Ons moet boodskappe regoor die wêreld uitstraal oor wat dit beteken om 'n Westerse etiek te hê, om deel te wees van 'n Joods-Christelike samelewing - dit beteken vryheid, geleenthede en respek vir vroue.' Hy het die idee van die nuwe agentskap vergelyk met toe Amerika boodskappe na die voormalige Sowjetunie oorgedra het. Die nuwe agentskap sal Joods-Christelike waardes aan China, Rusland en die Midde-Ooste bevorder. Toe hy gevra is oor die implikasies wat hierdie agentskap op Amerikaners sou hê wat nie aan die Christelike geloof toeskryf nie, het Kasich geantwoord dat hierdie agentskap hulle ook sal bevoordeel omdat die ondersteuning van Joods-Christelike waardes 'die opbou van verdraagsaamheid behels'. Hy het ook die Weste gesmeek om weer te begin om ons Joods-Christelike etiek te omhels eerder as om daarvan weg te vlug.