Die Libanon se betogende bevolking, wat vanjaar in toenemende ontevredenheid gewikkel is, het gevra dat die regering vervang word weens 'politieke gemors'. Minstens 1,5 miljoen vlugtelinge uit oorloggeteisterde lande soos Sirië maak byna 25% van die bevolking uit. Hulle het Libanon se erg gebrekkige water- en kraginfrastruktuur oorlaai. Bid vir Christene in Libanon terwyl hulle voortgaan om uit te reik na vlugtelinge. Hulle sit kinderklubs aan en doen kosverspreiding. Prys God dat Christenleiers in Libanon uitgedaag en aangemoedig word in transformasiebediening; daar is 'n gewilligheid om gesonde leiers op te lei en te bou. Bid vir die voortgesette bediening aan Moslems. Mag hulle die Here leer ken, en mag Hy meer Libanese na Hom toe trek. Klik op die 'meer'-knoppie vir 'n gebedsgids om jou te help bid vir Libanon, Sirië, Irak en Jordanië.