Israel: 'n Gebedswandeling deur Israeliese en Palestynse Christene

Onlangs het twintig Palestynse en Israeliese vroue ontmoet in 'n klein dorpie in die noorde van Israel. Dié dorpie is nie bekend nie – daar is nie eers ’n bord van die hoofpad wat in sy rigting wys nie – maar Al-Jadeida was die afgelope tyd in die nuus weens die geweld daar. Hele groepe mense is uit lae-inkomste woonbuurte in Acco en Gasa daarheen verskuif. Al-Jadeida is 97% Moslem en 3% Christen. Georganiseerde misdaad het posgevat, en die plaaslike munisipaliteit het byna die stadsdienste gestaak. Vir die evangeliese families en plaaslike Katolieke en Ortodokse kerke is dit onaanvaarbaar. Dit is nou al 'n geruime tyd die onderwerp van gebed. Gevolglik het voorbidders bymekaargekom om saam met die plaaslike vrouegroep te bid. Hulle het geen fisiese wapens van beskerming gehad nie, maar het gewapen met hoop, geloof en vrymoedigheid gegaan, in twee groepe deur woonbuurte gestap en gebid dat die munisipaliteit gereinig sal word en dat enigeen wat nie die knie voor God sal buig nie, verander sal word.