Die land is in die greep van geweld en politieke probleme sedert die meerderheid-Moslem Séléka-groep president Francois Bozizé in 'n staatsgreep twee jaar gelede verdryf het. Ongeveer driekwart van CAR is Christelik. Duisende is sedert 2013 dood en duisende meer ontheem en nou het ekstremiste probeer om 'n Christen in die SAR te vermoor wat baie betrokke is by vredespogings in die burgeroorlog. Die aanvallers het die huis van ds Nicolas Guerekoyame-Gbangou, die voorsitter van CAR se Evangeliese Alliansie, geplunder en afgebrand. Die voorsitter was toe nie in nie en sy familie het daarin geslaag om te ontsnap voordat hulle aangeval is. Die gewapende mans het twee ander mense vermoor wat in die huis geskuil het. Die aanval was deel van voortslepende sektariese geweld tussen Christene en Moslems in die land, nadat die liggaam van 'n Moslemman vroeër vanjaar in Bangui gevind is. Meer as 100 mense het in die gevegte gesterf en ongeveer 30 000 is tans ontheem as gevolg van huidige en vorige politieke en godsdienstige gevegte.