Print this page

Israel: Oplewing van aanvalle teen Jode

Maandag is twee Palestynse jeugdiges tydens botsings in die Wesoewer dood. Een van hulle was dertien en is per abuis geskiet. Twee dae tevore het 'n Palestyn twee Israeli's in Jerusalem doodgesteek. Nog een het 'n Israeliese tiener gesteek en gewond. Die polisie het albei aanvallers doodgemaak. 'n Palestynse vrou het Dinsdag 'n Israeliese man in Jerusalem se Ou Stad in die rug gesteek, toe 'n geweer getrek en haar geskiet. 'n Israeliese vrou wat na Jerusalem gery het, is Woensdag deur 'n skare rotsgooiende Palestyne aangeval. Die aanval het plaasgevind op 'n roete wat daagliks deur duisende Joodse en Palestynse motoriste gebruik word. Die skare het haar geslaan en probeer om haar uit haar motor te sleep, maar sy het ontsnap en is hospitaal toe geneem. Hierdie voorvalle volg op 'n oplewing in geweld in Jerusalem en die Wesoewer terwyl Palestyne 'n terreuroorlog voer wat Israel se weermagsoldate en Israeliese burgerlikes teiken. Sien ook http://unitedwithisrael.org/