Die president van Pakistan se Christelike Kongres het Westerse nasies versoek om sy deure oop te maak vir vervolgde Pakistanse Christene. Volgens die Daily Pakistan het Nazir Bhatti gesê Christene wat asiel soek moet in die VSA, die VK en ander Europese lande geakkommodeer word. Bhatti se pleidooi kom ná die aankondiging dat vlugtelinge uit Sirië deur beide die VK en Duitsland verwelkom sal word. Duisende Pakistanse Christen-asielsoekers is nie ekonomiese immigrante nie, maar vervolgde Christene wat nie kan bekostig om mensehandelaars te betaal om die kus van Europa te bereik nie, het Bhatti geskryf. Christen-asielsoekers in Sri Lanka, Maleisië, Thailand en ander Suidoos-Asiatiese lande wag al jare vir woord oor hul immigrasiesake, sonder enige ondersteuning van die UNHCR, IRC of ander internasionale NRO's.