Print this page

Nepal: Update - wetgewers stem vir sekularisme

Na aanleiding van ons artikel op 27 Augustus (Nepal se voorgestelde grondwetwysigings sal Christenskap onwettig maak), het wetgewers Maandag vir Nepal gestem om sekulêr te bly en sodoende minderheidsgodsdienste teen vervolging te beskerm. Na hierdie stemming het bomme by twee verskillende kerke in die Jhapa-distrik in die ooste van Nepal ontplof, volgens die Kathmandu Post. Daar was geen ongevalle nie, maar die kerke het skade gely. Die polisie het gesê ondersoeke na die ontploffings is aan die gang. Ten spyte van hierdie week se stem vir sekularisme, bevat die konsepgrondwet steeds die stelling dat die staat 'Sanatan Dharma' sal beskerm - wat dikwels as 'n alternatiewe term gebruik word om Hindoeïsme te beskryf. Christenleiers het ook kommer uitgespreek oor die bepalings wat godsdiensbekering en proselitisering teiken. Nietemin verteenwoordig hierdie week se stemming 'n stap vorentoe, aangesien politici onlangs die moontlikheid geopper het om sekularisme heeltemal te verwyder.