Jemen: Twiets van 'n dokter van Medecins Sans Frontières

Medecins Sans Frontières (Dokters sonder Grense) dokter Natalie Roberts is 'n nooddokter van die VK wat al twee jaar saam met MSF werk en pas teruggekeer het van Jemen. Die volgende is vyf van haar enkelsin-twiets van verlede week: 'Op pad vir 'n lang dag van Amran na Saada-berge, bombardeer in ons bestemming, so almal is angstig. Kar is vol - 3 Jemenitiese kollegas, mediese voorrade om af te lewer, plus kos en 'n kragopwekker. Stop by kamp: 1k mense woon hier in haglike omstandighede, hulle het Saada verlaat as gevolg van lugaanvalle. Tekort aan tente, kos, latrines en water - ons sal probeer om soveel behoeftes as moontlik aan te spreek om te verhoed dat mense siek word. Ontheemdes is kwaad, sê hulle het Saada verlaat omdat hulle bang was hulle sou sterf. Nou is ma's bang hul kinders sterf hier.' Sien ook die Rooi Kruis-blog by https://www.icrc.org/en/where-we-work/middle-east/yemen