Saoedi-Arabië: Hajj 21 tot 23 September

Die Hajj is 'n jaarlikse pelgrimstog vir Moslems om na Mekka in Saoedi-Arabië te gaan en vergifnis vir hul sondes te soek. Jong Khaled wou voorbereid wees vir die gebede wat hy op die Hajj sou bid. Maar hy was ook baie opgewonde om spotprente te kyk. Sy gunsteling was die een oor Isa al-Masih (Jesus), wat op 'n Christelike satelliettelevisiestasie gewys is. Hy het die gang afgespring en na sy ma geroep wat ook vir die vertoning gewag het. Sy het Isa die eerste keer in 'n droom ontmoet tydens verlede jaar se Hajj, en het daarna verlang om Hom meer te leer ken. Saoedi-Arabië is 'n land wat heeltemal gesluit is vir die Christendom. Geen kerk is oop vir Saoedi-burgers nie, en om oor Jesus as Verlosser te praat is onwettig. Tog agtervolg Jesus Christus Saoedi's wat Hom soek. Christelike voorbidders fokus hul gebede tydens die Hajj op Moslems wat na Christus toe kom. (Sien ook lofartikel 2)