Hierdie week nooi 24-7 Prayer International die wêreldkerk om in een-uur-gleuwe, waar hulle ook al is, te bid vir die vlugtelingkrisis. Die gebedsweek duur van Maandag 7 middag tot Maandag 14 September. Lesers van Prayer Alert word uitgenooi om by hierdie inisiatief aan te sluit. Om in so 'n enorme situasie te bid kan oorweldigend voel, maar ons kan nie toelaat dat dit ons gebede stilmaak nie. In plaas daarvan kan ons die belofte van Ps 34:17 vertrou dat God gebed hoor en verhoor. Bid volgens Lev.19:34 dat ons reaksie op vlugtelinge altyd liefde sal wees en nie vrees nie en dat ons altyd die een voor ons sal liefhê; ongeag agtergrond of status. Bid volgens Ps. 11:28 vir God se heerskappy oor die nasies in oorlog en krisis, vir probleme wat opgelos moet word met groot veranderinge in lande van herkoms – Sirië, Irak, Libië, Somalië, Eritrea, Afghanistan. Bid volgens Mig.6:8 vir die swaar geteisterde instansies wat op die grense van land en see werk. Vir nuttige hulpbronne, klik die 'meer'-skakel.