Wêreldwyd: Vlugtelingkrisis beskaam ons almal

Die wêreld slaag nie daarin om die Verenigde Nasies die hulpbronne te gee wat dit nodig het om die ergste vlugtelingkrisis in herinnering te bestuur nie. Vir Palestyne wat vasgevang is in die ruïnes van die oorloggeteisterde Yarmouk-vlugtelingkamp in Damaskus, is die lewe ''n baie stadige dood' van honger, vatbomme of onthoofding. Die 21-jarige Nidal het aan die digitale mediaprojek Syria Deeply gesê: 'Die dood kom en ons kan dit nie keer nie. As ons nie kos kry nie, gaan ons almal dood van die honger.' Sowat sestig miljoen mense is op vlug in Sirië, Irak en elders van konflik, oorlog en vervolging; dit lyk of ons kollektiewe morele kompas ons erg in die steek laat. Die VN is onder druk soos nog nooit tevore nie. Dit het $20 miljard nodig om in plekke soos Yarmouk te kom, om die miljoene vlugtelinge in Sirië, Irak, Turkye, Libanon, Jordanië, Egipte en elders te help wat die grootste humanitêre krisis in ons leeftyd uitmaak. Maar sy appèl gaan grootliks ongehoord.