Christenkinders wat gedwing is om te vlug ná die IS-inval, het onlangs vir die eerste keer in 'n jaar skool begin. Nadat hulle uit hul huise gevlug het, het gesinne alles agtergelaat, insluitend toegang tot skool. In Irak het 'n plaaslike kerkleier en 'n sendingagentskap-vennoot hierdie behoefte in hul gemeenskap raakgesien, en omdat hulle glo dat onderwys belangrik is vir die kind, het hulle begin droom om 'n skool te open. Hulle doelwit was om met ongeveer 25 studente te begin. Kerkleiers het gebid vir 'n geskikte plek naby 'n vlugtelingkamp en God het vir hulle 'n nabygeleë huis met 'n groot agterplaas gewys. Alhoewel dit baie opknappings nodig sou hê voordat dit veilig was, het kerkleiers ontdek dat dit vier klaskamers sou akkommodeer met genoeg spasie vir ten minste 20 studente in elke klaskamer, en 'n skool is gebore. Regoor die Midde-Ooste het die meeste lande nie die vermoë om skoolopleiding vir 'n skielike toestroming van duisende kinders te voorsien nie. Bid vir meer skole vir vlugtelinge.