Christenleiers, insluitend 'n 89-jarige biskop, het die strate van Oos-China ingevaar en betoog teen 'n 'bose' veldtog om kruise te verwyder. Hulle sien dit as 'n gekoördineerde Kommunistiese party aanval op hul geloof. Aktiviste sê meer as 1 200 kruise is uit kerke in die Zhejiang-provinsie gestroop sedert die regeringsinisiatief laat in 2013 begin het. Daar was die afgelope weke 'n styging in sulke optrede. Verlede Vrydag het twintig Katolieke geestelikes 'n seldsame openbare betoging in Wenzhou ('n stad bekend as 'die Jerusalem van die Ooste') gehou. 'n Banier wat buite die regeringskantore deur die groep oopgevou is, het gelui: 'Behou godsdienstige waardigheid en teen die gedwonge verwydering van kruise'. Chinese polisie het die twee uur lange betoging gemonitor, maar dit nie opgebreek nie. Owerhede sê hulle val onwettige boupraktyke aan, nie godsdiens nie. Intussen berig Christian Today, 'Okkulte oortuigings is aan die toeneem onder China se kommunistiese leiers.' Sien: http://www.christiantoday.com/article/occult.beliefs.on.the.rise.among.chinas.communist.leaders/60412.htm