Print this page

Iran: Iranse huiskerke het gehelp om teëspoed die hoof te bied

Iran se Christene staar daagliks vervolging in die gesig, en die keuse om Jesus Christus te aanvaar beteken om 'n lewe van geheimhouding en konstante vrees te leef. SAT-7, 'n Christelike satelliettelevisiediens aan die Midde-Ooste en Noord-Afrika, het 'God en die Vervolgdes' geskep om Iran se huiskerke toe te rus om deur vervolging te volhard en tegnieke van uithouvermoë te ontwikkel. Die gashere is ds Albert Aslan en ds Edward Hovsepian. Hulle gebruik die Evangelie en stories uit die kerkgeskiedenis om ondergrondse gelowiges in Iran deur die televisieprogram aan te moedig. Elke episode fokus op 'n onderwerp wat verband hou met hedendaagse vervolging, en gebruik stories uit eeue van kerkgeskiedenis om te wys dat dit nie die eerste keer is dat Christene te kampe het met erge vervolging nie, en dit sal ook nie die laaste keer wees nie. Bid dat die Iraanse huiskerke sterk sal wees en sal voortgaan om te groei terwyl hulle teëspoed op 'n goddelike manier in die gesig staar.