Print this page

Nigerië: Nog 'n bomontploffing maak 25 dood

'n Vermeende selfmoordbomaanvaller het staatsamptenare by 'n regeringsgebou in die stad Zaria geteiken en 25 gedood en 32 gewond. Boko Haram, wat dikwels die noorde van Nigerië teiken, het aanvalle verskerp sedert president Buhari in Mei die amp beklee het. Die groep het nog nie kommentaar gelewer oor die jongste aanval nie, wat gekom het 'n dag nadat Solomon Arase, polisiehoof, nuwe maatreëls aangekondig het om die toename in bomaanvalle te beperk. Die maatreëls sluit in die verbod op straathandel en smousery in Abuja, en die versterking van veiligheid by alle moskees en kerke landwyd. Getuies in Zaria het gesê dat mense, insluitend laerskoolonderwysers, tougestaan het om werk te soek onder mnr Buhari se administrasie toe die bom ontplof is. Nasir El-Rufa'i, goewerneur van die Kaduna-staat, het gesê burgers moet waaksaam wees en oorvol plekke soos markte, moskees, kerke en motorparke in die volgende paar weke vermy.

  • Pray: for the government and security agencies to end the wave of militant attacks in the country. Pray also for the families of more than 200 people killed by Boko Haram attacks last week. (Ps.29:11)