Print this page

Kanada: Aksie teen klimaatsverandering

Gregor Robertson, die burgemeester van Vancouver, sê hy beplan om die pous aan te moedig om druk op nasionale regerings regoor die wêreld te verhoog om op te tree teen klimaatsverandering wanneer hy later hierdie maand met die Katolieke leier vergader. Mnr Robertson sal die enigste Kanadees wees wat by 30 verteenwoordigers van stede in Europa, Afrika, Asië en die Amerikas aansluit vir 'n tweedaagse besoek saam met Pous Franciscus in Vatikaanstad op 21 Julie. Intussen het honderde afgevaardigdes Woensdag en Donderdag hierdie week 'n tweedaagse Klimaatberaad van die Amerikas in Toronto bygewoon. Die voormalige Mexikaanse president Felipe Calderon, die voormalige Amerikaanse visepresident Al Gore en die goewerneur van Kalifornië, Jerry Brown, was onder die afgevaardigdes. Die beraad het die rol beklemtoon wat provinsies, state en ander sub-nasionale regerings kan speel om kweekhuisgasvrystellings te verminder. Wêreldleiers sal ook later vanjaar in Parys vergader vir die VN se Klimaatveranderingskonferensie. Sien http://www.640toronto.com/2015/07/08/66933/