Print this page

China: Verwarring in finansies

Die onstuimigheid in China se aandelemark is so erg dat 700 maatskappye die handel gestaak het om 'self te bewaar' en sodoende beleggers verhinder om hul aandele te verkoop. Dit beteken sowat 'n kwart van die maatskappye wat op China se twee groot beurse genoteer is, verhandel nie meer nie. Die regering het buitengewone stappe gedoen om verdere skade te probeer voorkom en meer as 20 van China se voorste makelaarsfirmas het in die openbaar onderneem om aandele en fondse terug te koop in 'n poging om die ondergang te vertraag. Dit het nie gewerk nie en beleggers is nie oortuig nie. Teen Woensdag 8 Julie het China se aandelemarkte $3,25 triljoen verloor (dit is meer as die grootte van Frankryk se aandelemark en twee keer die grootte van Indië s'n). Diegene wat weet, sê China se skuld van $28 triljoen is 'n bedreiging vir die wêreldekonomie. Sien ook http://www.bloombergview.com/quicktake/chinas-debt-bomb