Die groep Pakistanse Christenmans het die risiko's geweet toe hulle 'n Islamitiese fees betree het waar fanatiese Moslem-leiers jihad gepreek het en deelnemers hul godsdiensywer hernu het. Stil-stil het hulle gesprekke begin oor Jesus, wat as 'n heilige profeet in Islam beskou word. Teen die einde van die aand het hulle 'n paar honderd pamflette versprei wat oor Jesus Christus vertel het en telefoonnommers uitgeruil met mense wat meer wou leer. Hierdie mans is 'n paar van die meer as 30 000 frontlinie-werkers wat deur Voice Of the Martyrs ondersteun word. Hulle deel die evangelie in vyandige en beperkte nasies met groot risiko. Terwyl hulle op hierdie moeilike plekke bedien, het hulle ons gebede nodig. Sal jy jou daartoe verbind om saam met hulle te staan in gebed terwyl hulle Christus deel? Sien https://secure.persecution.com/giftslip/frontlineworker.aspx